Category Archives: Meksiko

Tulum – Yukatan

Die hedendaagse Maja’s kan darem vandag nog hulle mooi strand daar by Tulum gaan besoek. Dis nou ‘n nasionale park.

Klink my omtrent ‘n derde van die mense in die groot stede se huistaal is nog steeds Maja. Glad nie ‘n uitgestorwe volk soos ek gedink het nie.

Dis seker nie heeltemal dieselfde nie, maar die plaaslike inwoners is darem nog daar om jou te verwelkom.

Smaak blykbaar soos hoender..

Hierdie stede het honderde duisende inwoners gehad. Vandag ry jy vir kilometers dwarsdeur die ruïnes met die snelweg voor jy by die argeologiese uitgrawings uitkom.

Daar is net te veel van die goed om alles agter tralies te hou.

Die uitsig is nog steeds onverbeterlik.

Baie Amerikaners gaan tree af in die Yukatan. Dis veilig, pragtig en heerlik warm daar aan die Karibiese see. En malaria vry, in teenstelling met hulle suidelike bure.

Amptelik staan hulle bekend as die vry- en onafhanklike staat van die Yukatan. Een van 31 Meksikaanse state.

So te sê al die ou stede wat jy kan gaan besoek het swemplek in die Yukatan. Hulle het geen riviere op die oppervlak nie. Dis ‘n kalksteen skiereiland wat deurspek is van grotte en ‘n massiewe ondergrondse rivier stelsel het.

Elke ou stad is gebou by ‘n  canotte. ‘n Watergat waar die rivier deurbreek boontoe, met heerlike koel skoon water.

Arme vrou se ring het afgeval.. Koue water op geswelde vingers..

Hier in Tulum het jy ook die see.. Nie so koel nie, maar ook pragtig mooi.

Advertisements

Karibiese kus – Cozumel

wp_20170131_15_27_32_pro

Die pragtige eiland van die swaweltjies lê amper 20 km van die Yucatan skiereiland af, in die Karibiese see.

wp_20170203_16_30_00_pro-001

wp_20170203_16_32_29_pro

Die tipiese tropiese eiland met wiegende palmbome en turkooisblou see.

Dis koraal daai wat gestrand het.

wp_20170203_16_40_49_pro

Baie van die groot passasierskepe stop daar

wp_20170203_16_49_00_pro

en hierdie ou vang met ‘n handlyn vis.

wp_20170129_13_28_00_pro

wp_20170129_13_28_08_pro

Elkeen ‘n kunswerk op sy eie. Frida Kahlo is ook nou in haar eie land gewild. Jammer sy moes eers doodgaan..

wp_20170203_16_43_32_pro

wp_20170203_16_43_49_pro

‘n Beeld en gedenkplaat vir hulle karnaval, die mees belangrike fees in die Mexikaanse karibiese gebied, as ek dit reg ontsyfer.

Ek raai die goedjies wat al langs die see af staan is ook van die karnaval.

wp_20170203_16_55_05_pro

Die laaste enetjie is ‘n skilpad met ‘n banjo of ‘n ding.

wp_20170131_14_32_13_pro

Oulike koeltrok nê?  Daar is blykbaar nie landbou op die eiland nie. Amper die hele eiland is ‘n natuurgebied.

En hulle het behoorlik natuur hier. Die Yucatan het by die 800 voëlspesies.

Ook die nodige seevoëls.

wp_20170203_16_59_54_pro

wp_20170203_16_41_47_pro

Van die soorte herinner aan ons s’n, hulle het ook ‘n byevanger met die pers en blou, maar dan het hy so ‘n eienaardige geel kuifie op.

Die pelikane is grys. Alles is of heeltemal eiesoortig of lyk soos ‘n aangepasde weergawe.

En dan natuurlik iguana’s om mee te mors.

wp_20170204_14_00_52_pro

Hulle lê en slaap op die mure net soos akkedisse, en gee pad as jy aankom. Word blykbaar geëet..

En ‘n hond se plek hier is voor die hek. Buite in die straat voor die hek. Hy lê daar. Hou seker wag.

Die bure se hond lê weer voor sy eie hek, net so ‘n entjie aan. En soos goeie bure pla hulle mekaar nie. Wys jou nou net, dis alles maar net sosiale gewoontes.

wp_20170204_18_17_33_pro

Jy val behoorlik oor die apteke. Dalk daarom, sien jy hulle adverteer buite. Bietjie verrassend..

Jy kan jou duikbril ook daar kry.

Dan my gunsteling; – nuwe kos.

wp_20170128_15_36_54_pro

Dis groen tamaties. In doppe soos appeliefies! Hulle maak ‘n (bekende) groen sous daarvan.

wp_20170128_15_36_21_pro

En Jicama. Daar tussen die aartappels en die patas. Ek moes dit koop om te kyk wat aangaan daarmee. Google kon my help.

Hy word geskil en dan kan jy hom roerbraai, of op enige manier gaarmaak wat die vars krakerige smaak behou. Maar eintlik is dit lekker rou!

Jy sal dit nie dink nie, maar daai knol ding, smaak so tussen ‘n appel en ‘n peer. Met ferm vleis en so ‘n sagte sappige smaak.

Blykbaar baie gewild vir kinders ook. Hy word nie bruin as jy hom gesny het nie, so ek het vir my opgesny en ingepak as ek ver ry.

wp_20170203_16_49_26_pro

En ‘n bootjie vir jou as jy dalk so ‘n entjie wil gaan..

wp_20170203_16_42_32_pro