Category Archives: Tsjeggië

Praag – ‘n uitsig vanaf die keiserlike tuin

In die dal van die Vlatavarivier, lê Praag. Baie sê die mooiste stad van Europa.

Hier is ‘n uitsig vanaf die heuwel met die Praag kasteel en St Vitus katedraal op.

As jy mooi kyk kan jy die rivier daar onder sien lê.

Advertisements

Kutna Hora

So ‘n bietjie oor ‘n uur se ry oos van Praag kry jy Kutna Hora.

‘n Priester daar was lus om iets anders te doen en aangesien hy in Bohemië was reken hy toe noir is net die ding.

Hier is die werke van sy hande 😉

Jy kan sien hy was ‘n netjiese ou. Om mense se bene net op ‘n hoop te gooi is nie baie respektabel nie en nog minder dekoratief. Wonder eintlik hoekom het iemand nie lankal daaraan gedink nie.

Nou wil jy nie weet watter geskuifel daar aan die gang gaan wees as die klomp moet opstaan nie 😀

Langsaan is die Katedraal, uiters vervelig in vergelyking..

Dis Sint Barbara se katedraal en eintlik ‘n mooi gotiese katedraal. Sy is die beskermheilige van myners.

Koud daar in die herfs hoor!