Category Archives: Swaziland

Somiso die renosterkalfie

‘n Paar foto’s van Somiso. Hy is ‘n renosterkalfie in Swaziland wie se ma nie vir hom melk gehad het nie, weens die droogte..

WP_20160116_006

Gelukkig het het mense gekry om hulle oor hom te ontferm. Hy is nou ‘n maand oud en raak al yslik groot.

WP_20160120_003

In die dag het hy 2 ma’s wat met hom rondstap en sorg dat hy by al die modderpoele uitkom om lekker rond te rol.

Saans word hy afgewas voordat hy inkom om te slaap.

WP_20160120_004

Op die oomblik slaap hy by my (of ek by hom 🙂 ) van 9 tot 3.  Wel.. ek kyk stories tot 12 uur en dan probeer ons slaap na die middernag bottel tot 3.

Internet is nie waffers hier nie, dis die eerste kans wat ek kry om iets oor hom op te sit.

Hy lê lekker en snork hier langs my..

Advertisements