Tagliatelle met strepe steak, sampioene, uitjies en rum

Sampioene en ui

Gaar steak

Kruie – Italiaans werk met pietersielie, origanum en roosmaryn

Ketjap manis (Indonesiese soet sojasous), of balsemiek asyn

Sprietuie

Groenteaftreksel

Pasta – ek het tagliatelle gebruik (kook terwyl jy die sous berei)

Rum

Kap die uie, daai lang pers uitjies het ‘n sagte smaak. Perfek as jy dit wil kombineer met ander sagte smake, soos sampioene.

Sny die sampioene in dunnerige skyfies. Die smaak ontwikkel op die kante wat jy braai, so hoe meer dele van die sampioen teen die pan land, hoe geuriger is jou dis.

Braai in ‘n pan met botter en voeg die uie by as die sampioene plek gemaak het in die pan. Braai verder

Strooi die kruiemengsel oor

Sny die steak in skywe en gooi by in die pan, – braai tot warm

Strooi so ‘n halwe eetlepel meel oor die mengsel en roer by

Skink die ketjap manis of balsemiek asyn by en roer om ‘n sous te maak. Ek vul sommer die sous aan met lepels water uit die pastapot wat nog kook. ‘n Halwe blokkie groente aftreksel help die smaak aan

As die sous omtrent reg is, gooi so ‘n skooitjie rum in.

Kap sprietuiblare en gooi by

Proe of daar sout nodig is en vul die sous nog aan met water uit die pastapot as jy wil.

Jou pasta is intussen gaar, so giet die water af

Skep op en geniet!

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.