Cavalcata Sarda

Op die tweede laaste Sondag van Mei in Sardinië hou hulle ‘n parade in die strate van Sassari. Elke dorp of streek se mense kom met hulle tradisionele kostuums, filigree juwele en opgetooide perde.

Dit het in 1711 begin om die nuwe koning (Fillip V van Spanje) te verwelkom. Die adelikes uit elke streek het Sassari toe opgetrek om hom te gaan verwelkom. En bietjie af te show as jy my vra.

Dis weer gehou vir opvolgende koning en sedert die jare 50 hou hulle dit elke jaar.

Hier is ‘n paar foto’s van hierdie jaar se optog.

‘n Paar voetgangers, ek dink daai mandjies raak swaar na die eerste kwartier, die fluitspelers is beter af.

Kyk hierdie twee,  lyk soos die koning en koningin uit hulle streek.

Langs my het iemand ‘belissima’ geroep, kyk hoe straal sy. En kyk daai skoene.

My gunsteling, – lyk nes sy baas

Hierdie eiland speel nie as dit by perde kom nie. Daar is by die 2700 ruiters in die parade.

Trotse mense

Advertisements

2 gedagtes oor “Cavalcata Sarda”

  1. Hallo Bertha Dis fantastiese fotos en ek is net jammer ek was nie daar nie. Dit is baie goed om n beskrywing van n geleentheid te lees, maar die fotos is uit n fairy tale.

    Sent from my iPad

    >

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.