Rochester

Kort voor die Medwayrivier uitmond in die Engelse kanaal, loop hy deur die stad van Rochester – Charles Dickens se stad van  A Tale of two Cities.

Met ‘n kasteel om die toegang tot die rivier te beskerm.

Hulle het ‘n museum daar oor skeepvaart waar hulle in detail uiteensit hoe die Nederlandse vloot die Britse vloot in 1667 behoorlik uitmekaar geskiet het. Ek het my behoorlik geskaam vir hulle in die stowwerige museumpie.

As ek reg onthou het hulle twee skepe gesink in die rivier sodat niemand kan deurkom nie. Toe tiep die kaptein, ene du Ruyter, sy skepe op hulle sy en seil vry deur tot in die binneland.

Tweede ding waaroor ek my geskaam het, die rede hoekom die Hollanders hulle kom inval het. Die Engelse het ‘n Hollandse dorp op ‘n eiland gaan afgebrand. Hulle was nie ingenome daarmee nie en toe seil hulle in die rivier op om wraak te neem op die dorpie waar die aanvallers vandaan gekom het.

Langs die kasteel staan die Rochester katedraal, die tweede oudste katedraal in Engeland, – na Canterbury.

Die dorp het dalk bietjie meer as sy kwota ‘charity shops’. Selfs vir Engeland. Lyk my na meer as 7.. Darem ‘n lekker reënjas by een gekry. Nie dat dit reën nie, ons het gister die warmste dag nog ooit gemeet in Februarie gehad, met 20 grade in Wallis.

Mooi so nog met die poppies by die oorlogsgedenkteken.

Advertisements

One thought on “Rochester”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.